Aanlyn kunsveiling ondersteun kunstenaars en die Affie-gemeenskap (2)

Aanlyn kunsveiling ondersteun kunstenaars en die Affie-gemeenskap

Gedurende Julie 2021 het die Affie 100 Fonds Trust ‘n aanlyn kunsveiling aangebied. Hierdie projek het fondse vir die Trust ingesamel en ook aan kunstenaars geleentheid gebied om hul werke te verkoop.
Voltydse sowel as deeltydse kunstenaars kon werke aanbied en leerlinge van die Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria Boys High School, Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria en Pretoria High School for Girls is uitgenooi om werke ten toon te stel. Die kurator, prof. Elfriede Dreyer, het as keurder opgetree.
Ons bedank alle partye wat bygedra het tot die sukses van hierdie eerste kunsveiling en sien daarna uit om dit in die toekoms weer aan te bied – hopelik sonder Covid-beperkinge.

Hou gerus die Affie 100-Facebookblad en Instagram dop vir nuus in dié verband.

Share this post

Share on facebook
Share on google
Share on twitter
Share on linkedin
Share on pinterest
Share on print
Share on email