agtergrond

Affies maak al 100 jaar ‘n verskil

Die jaar 1992 het die koers van die Afrikaanse Hoër Seunskool ingrypend verander. In dié jaar het die skool van ‘n gewone staatskool na ‘n staatsondersteunde skool (Model C) oorgeskakel. Dit was ook die jaar waarin dr. Pierre Edwards hoof geword het. Die twee gebeure het ‘n nuwe era ingelui – ‘n era van groter finansiële welvaart. Dit het die hoof en die onderskeie beheerliggame wat sterk deur die ouergemeenskap ondersteun is, in staat gestel om die fasiliteite van die Afrikaanse Hoër Seunskool voortdurend te verbeter en om dit op alle vlakke van die skoollewe tot wêreldklas onderwysinstansie te ontwikkel.
Vandag is die skool se finansies gesond, maar ons moet voorsiening maak om die skool die volgende 100 jaar verder te ontwikkel. Hierdie uitbreiding kan moontlik gemaak word deur die Affie 100 Fonds Trust. Hierdie trust het ten doel om wêreldklasfassiliteite daar te stel, die beste onderwysers te aan te stel, afstandsonderrig te ondersteun en voedingsprojekte te befonds.
Elkeen kan ‘n bydra lewer en Affies vir die volgende 100 jaar so help bou.
klik op die volgende skakel om ‘n bydrae te lewer: https://affie100.co.za/ondersteun-die-fonds/

Share this post

Share on facebook
Share on google
Share on twitter
Share on linkedin
Share on pinterest
Share on print
Share on email