appkls

Appelkas inwyding – Maart 2020

Die Appelkas, soos wat die snoepie by die rugbyveld bekendstaan, is vroeër vanjaar opgegradeer as deel van Affies se 100-jaarviering. Saam met die Appelkas is daar 'n stoorplek vir sporttoerusting opgerig.

Die Appelkas, soos wat die snoepie by die rugbyveld bekendstaan, is vroeër vanjaar opgegradeer as deel van Affies se 100-jaarviering. Saam met die Appelkas is daar ‘n stoorplek vir sporttoerusting opgerig. Hierdie struktuur huisves ‘n elektroniese telbord wat ook gebruik kan word om beeldmateriaal te vertoon. 

Lede van die publiek kan die moderne vergaderingfasiliteite op die boonste vlak van die kompleks huur. Die lokaal bied hoëspoed-veselinternet wat videokonferensies en -vergaderings moontlik maak. Etes en verversings kan by die skool se restaurant, 1920, gereël word. Navrae kan gerig word aan affies@affies.co.za.

Kyk gerus na die video-opname, wat op 5 Maart tydens die inwyding gemaak is: Appelkas projek

Besoek ons webtuiste by www.affie100.co.za vir ‘n volledige oorsig van al die Affie 100 projekte.

Share this post

Share on facebook
Share on google
Share on twitter
Share on linkedin
Share on pinterest
Share on print
Share on email