Terug Ploeg

Gee-week by Affies

In die week van 23 tot 26 Maart het Affies GEE-WEEK gehou. Dankie aan almal wat die volgende inisiatiewe ondersteun het:

 

  • Projek 360
  • CHOC
  • Wetnose
  • Terugploeg

 

Affies het in vennootskap met Terugploeg getree. Die organisasie het sy ontstaan in 2020 tydens die grendeltyd gehad, toe sakemanne hulp aan mense in nood begin verleen het. Terugploeg het reeds gegroei tot ‘n groot en standhoudende organisasie. Ons langtermynvisie is om van ons seuns daarby betrokke te kry met kosverwerking en die uitdeel daarvan.

 

Kliek hier vir meer inligting.

Share this post

Share on facebook
Share on google
Share on twitter
Share on linkedin
Share on pinterest
Share on print
Share on email