kilmj

Oud-Affies klim Kilimanjaro – elke tree ondersteun #Spore tot Strome – Januarie 2020

Die Spore-tot-Strome-projek het in Januarie 2020 afgeskop met oudleerlinge en vriende van AHS en AHMP wat Kilimanjaro uitgeklim het en op 28 Januarie, op die skool se 100ste verjaarsdag, die Affie-vlag op die kruin geplant het.

Die Spore-tot-Strome-projek het in Januarie 2020 afgeskop met oudleerlinge en vriende van AHS en AHMP wat Kilimanjaro uitgeklim het en op 28 Januarie, op die skool se 100ste verjaarsdag, die Affie-vlag op die kruin geplant het. Elke tree wat hulle gegee het, is gewy aan die bouwerk wat ons voorgangers gedoen het en dien as inspirasie vir die huidige Affies om die toekoms met moed en durf aan te pak. Dié fonds bied ondersteuning aan Affies wat hulp nodig het om hulle drome waar te maak tydens hul Affie-jare.

Dankie vir die gemeenskap se betrokkenheid by en belangstelling in hierdie spesiale gebeurtenis. Sien die video-uittreksel met die groep se terugkeer na Suid-Afrika en ontvangs deur skoliere. Ons is dankbaar vir hierdie spesiale geskiedkundige oomblik. 

Klik hier om te kyk

Een van die spesiale oomblikke op die berg: die Affie-ekspedisie sing die skoollied op Kilimanjaro. Klik hier om te luister.

 

Share this post

Share on facebook
Share on google
Share on twitter
Share on linkedin
Share on pinterest
Share on print
Share on email