DSC_0101

Suksesvolle wynveiling vir die Affie 100 Fonds

Die Affie100 Fonds Trust het in samewerking met Paarl Gimnasium op 7 September ‘n hoogs suksesvolle wynveiling in AHS se Potgietersaal gehou om so fondse in te samel vir die verdienstelike projekte waarby die Trust betrokke is. Dit sluit in die ontwikkeling van afstandsonderig, die 360-projek en ook die opgradering van die skool se fasiliteite.

 

‘n Groot verskeidenheid gesogte en skaars wyne van Graham Beck, Saronsberg, Bayedi,  versamelings van Lothian Vinyards en Oakvale, Mahali Vinyards en ook getekende Joost van der Westhuizen-wyne is opgeveil.

Suksesvolle wynveiling vir die Affie 100 Fonds Suksesvolle wynveiling vir die Affie 100 Fonds

Die musiekgroep Deca het die gaste tydens die driegangmaaltyd vermaak.

Suksesvolle wynveiling vir die Affie 100 Fonds

Die Affie100 Fonds Trust bedank almal vir bydraes en skenkings en sien uit na die volgende wynveiling. Al die foto’s kan hier besigtig word

Besoek gerus www.affie100.co.za vir meer inligting.

 

Share this post

Share on facebook
Share on google
Share on twitter
Share on linkedin
Share on pinterest
Share on print
Share on email